Met die Here se seën, kan Brackenhurst Gemeente in die proses deelneem om onafhanklik te gaan. Ons is tans besig om die nodige fasiliteite in te stalleer, sodat ons sonkrag vir onsself en Andante Afreebehuisingseenhede elektrisiteit kan opwek.
Ons hardloop tans 100% van ons nuut geinstalleerde batterye af, en sal binnekort totaal afhanglik van ons eie kragopwekking wees. Dankie aan ons Here wat altyd voorsien, en dat Hy hande gestuur het om hierdie taak kan verrig!
Bly ingeskakel om te sien hoe ons Sonkring!
09:00 - 10:00
Kom geniet 'n koppie na die diens en gesels lekker saam
Kom bid saam elke Maandagoggend op "Zoom" en elke twee Donderdag aand om 18:00
ZOOM ID : 82024392241
Wagwoord : 786971
Die gedenkmuur bied die geleentheid om die as van twee naasbestaandes in ‘n nissie in die muur te plaas. Die nissie kan gekoop word met ‘n graniet gedenksteen. Ons het slegs 400 nissies beskikbaar. Gee solank jou naam deur sou jy belangstel.
2 Persone se as kissies mag in die nissie geplaas word. Jy kan ook ‘n nissie vooraf bespreek en betaal vir latere gebruik. Kontak gerus die kerkkantoor vir meer inligting.
Prys: R 2 600 (Dubbele Nissie)
Buite Kerkverband : R 4 000